Ons verheerlik God, volg Jesus en maak Dissipels

Huweliksvoorbereiding Kursus

Om gelukkig getroud te wees is baie pret!!  Met elke nuwe fase kom daar egter uitdagings en ons elkeen moet bly werk aan ons huwelik.

Ons wil paartjies help om voor die huwelik reeds areas te identifiseer waaroor hulle moet gesels en waaraan hulle kan werk.  Saam ontdek ons moontlike konfrontasie-punte; ons praat ook oor verwagtings en die risiko’s wat daarmee saamgaan.

Ons fasiliteer die dvd-reeks “The marriage preparation course” van Nicky en Sila Lee en dan deel ons ook staaltjies uit ons eie lewe – dit wat werk en ook foute wat ons begaan.  Gerhard Barnard deel ook in een sessie praktiese punte oor die huweliksbevestiging en wat daarmee saamgaan.

Dit is regtig vir ons belangrik dat paartjies, saam met God in hulle verhouding met Hom, ook praktiese punte aanspreek wat hulle huwelikslewe soveel makliker en lekkerder kan maak.

Die kursus hoofstukke is: Communication, Commitment, Resolving conflict, Keeping love alive and Shared goals and values.  Dit is ‘n 7 weke kursus, met ‘n commitment van 2½ uur per aand vir een aand per week.  Beraamde koste is R300 per paartjie en dit sluit in twee handleidings en ligte verversings. Kontak ons gerus – ons bied die kursus aan sodra daar twee tot drie paartjies is wat belangstel.

Aanbieders: Egbert en Wanda Fouche
Kontak: 084 413 9642
epos: wanda.fouche @ gmail.com