Ons verheerlik God, volg Jesus en maak Dissipels

Ignite

Sondagaande 18:00 is dit tyd vir Ignite.

Ignite is gemik op tieners vanaf die ouderdom van 13 jaar.  Ons streef daarna om na die realiteit van Christus te soek en te ontdek.  Ter selfde tyd wil ons dit praktiese en tasbaar toepas.  Ons het ‘real’ discussions, wat soms in baie lewendige debatte ontaard.

Ons harte is om:

  • God meer te ken.
  • Aan Hom gehoorsaam te wees.
  • ’n Generasie van jong mense op te rig wat ’n skaamtelose, en vreeslose lewe lei, in oorgawe aan Christus.

Ons het verskeie aktiwiteite, socials, soaking nights, en ervaringe met die Heilige Gees.  En dan, as jy vir Stefan en Gert in die mengsel gooi, kan dinge net interessant raak.  Kom join ons!

 

Wanneer: Sondagaande

Waar: Die Tent (Funksielokaal)

Tyd: 18:00 – 20:00

Wie: Enige iemand 13 jaar en ouer

 

Daar is ook ‘n groep spesifiek gemik vir Gr 7-8 kinders, Sondae Oggende tydens die erediens.  Hulle kom na die lof in die Lesinglokaal bymekaar.